Akademia-alumnus: Julie 2025

Newsletter Archive

As die e-pos nie reg vertoon nie, klik hier vir 'n aanlyn weergawe.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-01
AlumniNuusbrief_Julie_2025-01

Beste Alumni

Dié jaar het weliswaar die halfpadmerk op die kalender verbygesteek! Gedagtig aan die wyse waarop ʼn langafstandsatleet sy/haar marathon aanpak, is nou dan óók die aangewese tyd om ná te dink oor die afstand wat reeds afgelê is, en dit wat voorlê onderweg na die wenstreep.

Die jaar 2025 verteenwoordig ʼn gróót jaar vir die instelling en daarmee saam óók vir elke lid van die uitgebreide alumni-gemeenskap. En watter afstand het ons alma mater nie al vanjaar afgelê nie? Hoogtepunte sluit onder meer in die voorwaardelike goedkeuring van die Paarl-kampusfasiliteit in die Wes-Kaap, die toevoeging van verskeie nuwe akademiese programme, die grootste kwalifikasieplegtigheid nóg en goeie vordering met die ontwikkeling van die wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria.

Oor die pad vorentoe wil ek jou die versekering gee dat jou vormingsidentiteit as ʼn Akademia-alumnus, in ʼn wêreld waar daar oënskynlik ʼn gees van ongekende onverbondenheid heers, jou toelaat om werklik tuis te wees in jou taal, jou roeping, jou waardes en méér nóg: ʼn hoopvolle toekoms. Lees meer hier oor die waarde van verbondenheid en begrensing.

Onthou om die Akademia-alumni: betrokkenheids- en kommunikasiepeiling te voltooi.

AlumniNuusbrief_April2025-15
AlumniNuusbrief_April2025-15

Die doel van hierdie peiling is om waardevolle insigte van ons gewaardeerde alumni te verkry en só nie nét die instelling se verbondenheidsverhouding met sy afgestudeerde studente te versterk nie, maar óók meer van dié gemeenskap se voorkeure te leer.

Geniet hierdie nuusbrief en geniet jou tuiskoms by jou alma mater.

Akademia-groete

Monica Mynhardt

Voorsitter: Akademia-alumnikomitee

AlumniNuusbrief_Julie_2025-09
AlumniNuusbrief_Julie_2025-09
AlumniNuusbrief_Julie_2025-28
AlumniNuusbrief_Julie_2025-28

Akademia-alumnus, Deon Basson, se kompas is toekomsgerig en hy is ʼn trotse ambassadeur vir sy alma mater. Hy werk as maritieme loods en hawemeester by die Mosselbaaise hawe. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-29
AlumniNuusbrief_Julie_2025-29

Hanke du Plessis, ʼn BComHons (Ondernemingsbestuur)-alumnus, is tydens die Akademia se prestigefunksie as die toppresteerder in dié program vereer. Sy meen die instelling swaai die vlag van Afrikaanse universiteitswese hoog. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-30
AlumniNuusbrief_Julie_2025-30

Akademia-alumnus, Elisma van der Watt (23), se kollegas verwys nie verniet na haar as ʼn hedendaagse Nancy Drew nie. Nét soos dié amateurspeurder gee Van der Watt, ʼn hardenuusjoernalis, nie bes as sy op die spoor van ʼn storie is nie. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_April-04
AlumniNuusbrief_April-04
AlumniNuusbrief_Julie_2025-05
AlumniNuusbrief_Julie_2025-05

Prof. Gawie du Toit sal met die ingang van 2026 as kampushoof van Akademia se voltydse Paarl-kampus diens doen. Hy is baie opgewonde oor die vooruitsig om die instelling se hartklop ook op die kampus in die Wes-Kaap te laat pols. Kyk die video hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-06
AlumniNuusbrief_Julie_2025-06

“Onderwys is  ʼn edel beroep en verteenwoordig die hartklop waarvandaan ander dissiplines, beroepe en waardes voortspruit.” Só sê prof. Johnnie Hay, nuwe dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-07
AlumniNuusbrief_Julie_2025-07

Is jy ʼn trotse alumnus vanuit die instelling se Fakulteit Geesteswetenskappe? Prof. Danie du Plessis, ʼn gesoute kommunikasiewetenskaplike, vervul vanaf 1 Junie die rol as nuwe dekaan. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-19
AlumniNuusbrief_Julie_2025-19

Die lewenskragtigheid van Akademia se storie lê opgesluit in die manier waarop die gemeenskap hande vat en betrokke raak. As ʼn gewaardeerde alumnus is jy ʼn medeskrywer van dié storie deur tot die instelling se skenkingsfonds by te dra. Word vandag nog ʼn toekomsbouer.
Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-20
AlumniNuusbrief_Julie_2025-20

Noudat jy reeds ʼn Akademia-kwalifikasie verwerf het, is dit belangrik om as ʼn lewenslange leerder jouself met nuwe kennis en vaardighede toe te rus. Die Fakulteit Regsgeleerdheid spog met ʼn splinternuwe toevoeging tot sy nauurse programaanbod, naamlik die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg. Lees meer oor dié praktykgerigte program hier.

AlumniNuusbrief_April-03
AlumniNuusbrief_April-03
AlumniNuusbrief_Julie_2025-21
AlumniNuusbrief_Julie_2025-21

Thinus Nienaber, dosent: Ekonomie en Finansiële Wetenskappe, werp lig op die finansiële oorwegings waarvan kennis geneem moet word tydens die aankoop van ʼn gebruikte motor. Hy waarsku dat goedkoop koop jou duur te staan kan kom. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-22
AlumniNuusbrief_Julie_2025-22

Die LinkedIn-platform is ʼn waardevolle en uiters strategiese aanlyn hulpbron waarby jong werkendes beslis baie kan baat. Salomien Boshoff, dosent: Bestuurswetenskappe, deel praktiese advies in dié verband. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-23
AlumniNuusbrief_Julie_2025-23

Dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, verduidelik dat dit belangrik is om jou toekoms met ʼn duidelike visie te bou, aan te hou bou ten tye van onsekerheid en om dié reis as deel van ʼn gemeenskap aan te pak. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-24
AlumniNuusbrief_Julie_2025-24

Monique Bräsler, dosent: Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe, meen dat as jong werkende jy doelgerigte stappe kan neem om die angel uit skulddelging te neem. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie_2025-08
AlumniNuusbrief_Julie_2025-08
AlumniNuusbrief_Julie_2025-22_5bd32d77
AlumniNuusbrief_Julie_2025-22_5bd32d77
AlumniNuusbrief_Julie_2025
AlumniNuusbrief_Julie_2025
AlumniNuusbrief_Julie_2025-26
AlumniNuusbrief_Julie_2025-26
AlumniNuusbrief_Julie_2025-27_e67f02b9
AlumniNuusbrief_Julie_2025-27_e67f02b9
1200x500
1200x500
Akademia_Nuusbrief-Werk2
Akademia_Nuusbrief-Werk2
AlumniNuusbrief_Julie_2025-12
AlumniNuusbrief_Julie_2025-12

Akademia-hoofkantoor, Von Willichlaan 284, Centurion // 0861 222 888

Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997, Registrasienommer: 2011/HE08/005; Direkteure: M.J. Visser (besturende direkteur),
dr. D.J. Hermann, H.J. Schalekamp, P.W.A. Steyn, prof. D.P. Goosen, P.J.W Buys en J.D. Symington.

www.akademia.ac.za

AlumniNuusbrief_Julie_2025-31
AlumniNuusbrief_Julie_2025-31

Hierdie e-pos is slegs bedoel vir persone wat daarvoor ingeteken het.
Indien jy voel dat hierdie e-pos ongevraagd is, stel ons in kennis.

Om nie meer e-posse in hierdie verband te ontvang nie, klik hier.

Sent via

SendPulse