Beste Alumni Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Hierdie bekende woorde van die digter C. Louis Leipoldt laat my altyd in verwondering. Ons bevind onsself midde in ʼn nuwe seisoen, en die groei wat oral te bespeur is herinner ons daaraan dat groei sonder twyfel ʼn Godgegewe geskenk is. Gedurende hierdie tyd word ons ook gevul met ʼn diepe opgewondenheid oor wat voorlê, en ons dink met danksegging terug oor wat in die voorafgaande seisoen afgespeel het. Gepraat van groei. Baie geluk aan die nuutverkose lede van die alumnikomitee vir die 2024/2026-termyn. Lees meer hier oor hierdie alumni-pioniers en hul mandaat. |
|
Die kalklig het die afgelope tyd, veral hier by Akademia, baie op entrepreneurskap geval. En as jy mooi daaroor nadink, dan versinnebeeld entrepreneurskap óók die konsep van groei baie mooi. Soos die jaar na sy einde snel, wil ek jou aanmoedig om soos ʼn entrepreneur aan te hou ywer. Moenie wag vir volgende jaar, ʼn beter werk of ʼn groter bankbalans nie. Doen wat jy kan daar waar jy jouself bevind, wees die verskil wat jy in die wêreld wil sien, en leef daagliks in diepe afhanklikheid van jou Skepper. |
|
|
---|
|
| Lees meer hier oor die lewenslesse wat entrepreneurskap vir elkeen inhou. Sterkte vir die laaste skof van 2024. Geniet die welverdiende rusperiode wat voorlê en berei jouself voor om in 2025 saam met Akademia se alumnigemeenskap te bou en te groei! Akademia-groete Mareli Swanepoel Bestuurder: Institusionele projekte en ondernemings |
|
|
---|
|
Dr. Jannet Davel, hoof van Personeel en Ontwikkeling, deel praktiese advies oor hoe jy deur stories, gewoontes en gedrag jouself in die werksplek kan onderskei. Lees meer hier. |
|
| Mariska Wannenburg, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe, verduidelik waarom dit belangrik is om vroeg reeds bemoeienis met boedel- en testamentêre beplanning te maak. Lees meer hier. |
|
| Linca Boshoff, beampte van Personeel en Ontwikkeling, lig die sluier oor die nuwe tendens van ongelukkigheidsverlof. Lees meer hier. |
|
|
---|
|
Nikki Kennedy, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe, waarsku teen die gevaar van valse belastingpraktisyns. Lees meer hier. |
|
| Morné Venter, ʼn dosent in Bestuurs-wetenskappe, deel sy gedagtes oor die veranderende werksplek en die voorkoms van swerfwerk en die altyd-beskikbaar-kultuur. Lees meer hier. |
|
|
---|
|
Akademia en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het op 16 Oktober 2024 die nuus van ‘n dinamiese samewerkingsooreenkoms aangekondig. Hierdie samewerking sal die hoëordefunksies van Afrikaans bevorder. Lees meer hier. |
|
| Prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof van Akademie by Akademia, word eersdaags deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer. Lees meer hier. |
|
|
---|
|
Akademia se tweede honneursprogram, die BAHons (Media en Kommunikasie), sal vanaf 2025 via die voltydse kampusmodel in Centurion aangebied word. Lees meer hier. |
|
| Ken jy ʼn matrikulant wat daarvan droom om aan Akademia te studeer? Deel die nuus oor Akademia se akademiese merietebeurse vir 2024-matrikulante met hulle. Lees meer hier. |
|
| ʼn Afvaardiging vanaf Hillsdale College, een van die mees vooraanstaande Christelike en klassieke universiteite in Amerika, het Akademia onlangs besoek. Lees meer hier. |
|
|
---|
|
Akademia was, en is steeds, ʼn voorkeur studietuiste vir drie lede van die Kriel-gesin van Pretoria. Lees meer hier. |
|
| Akademia-alumnus, Linrico van Veenhuyzen (23), staan sy plek as finansiële adviseur met selfvertroue vol en is opgewonde oor wat sy professionele loopbaan vir hom inhou. Lees meer hier. |
|
| Akademia-alumnus en voormalige wenner van die BCom (Ondernemings-bestuur): Sakeplankompetisie vertel meer oor haar entrepreneurskapsreis en lesse wat sy tot dusver geleer het. Lees meer hier. |
|
|
---|
|
Akademia-hoofkantoor, Von Willichlaan 284, Centurion // 0861 222 888 |
|
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997, Registrasienommer: 2011/HE08/005; Direkteure: M.J. Visser (besturende direkteur), dr. D.J. Hermann, H.J. Schalekamp, P.W.A. Steyn, prof. D.P. Goosen, P.J.W Buys en J.D. Symington. |
|
|
---|
|
Hierdie e-pos is slegs bedoel vir persone wat daarvoor ingeteken het. Indien jy voel dat hierdie e-pos ongevraagd is, stel ons in kennis. Om nie meer e-posse in hierdie verband te ontvang nie, klik hier. |
|
|
---|
|
|