Akademia-alumnus: Julie 2024

Newsletter Archive

As die e-pos nie reg vertoon nie, klik hier vir 'n aanlyn weergawe.

AlumniNuusbrief_Julie-01

Beste Alumni

Die seisoen het gedraai en met dié verandering word ons elkeen opnuut aan die grootsheid van die skepping herinner. Winter se bekoring lê opgesluit in die sikliese aard van die natuur en só ook die lewe – die goeie en die slegte wat daarmee gepaard gaan. Vir die natuur is dit ʼn tyd van rus, terwyl ons die tyd gegun word om bestekopname te neem en te besin oor die ryke verbondenheid wat ons menswees inkleur.

In ʼn veranderende wêreld waar mense dikwels onder druk verkeer om slegs vir hulself as individue te lewe, vier Akademia vanjaar die tema van verbondenheid. Hierdie viering plaas opnuut die fokus op verbande soos die gesin, die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe, die Christelike en klassieke universiteitswese, en ook ons gewaardeerde alumni.

Die aard en omvang van verbondenheid word mooi in die Bybel verduidelik. In Kolossense 2: 6-12 sluit die Here met elkeen ʼn verbond wat Hom as Saligmaker en Verlosser aanneem. Gevolglik moedig Hy (die Here) ons aan om in verbondenheid met Hom te lewe, in Hom gewortel te wees, op Hom te bou en vas in geloof, met dankbaarheid, te leef.

As alumni staan julle in ʼn verbondenheidsverhouding met julle alma mater. Ons is trots op elkeen van ons afgestudeerde Fonties en wil julle graag uitdaag om aktief betrokke te bly en te wees en só julle unieke “Fontie-teit” te omhels. Hierdie wederkerige verbondenheid bied aan julle opwindende geleenthede tot verdere studiegeleenthede, betekenisvolle netwerkgeleenthede, gehalte voortgesette leeropsies en die geleentheid om as verskilmakers in die gemeenskap na vore te tree.

In hierdie nuwe seisoen, waar julle van studente na alumni gegroei het, wil ons julle aanmoedig om geleenthede aan te gryp en as trotse Akademia-ambassadeurs voort te bou op dié gees van verbondenheid. Een van die maniere waarop hierdie verbintenis versterk en uitgebou kan word, is deur wedersydse kommunikasie. Ons nooi julle daarom om julle suksesverhale met ons te deel en ons op hoogte te hou van hoe julle loopbaanreis en -ervaring daarvan uitsien. Hierdie meelewing dien as brandhout wat die pad vir nuwe generasies van Fonties sal verlig. Maak daarom seker dat julle kontakbesonderhede gereeld op die alumnidatabasis bygewerk word.

Dit is voorts ons wens en bede dat julle ook in diepe verbondenheid met jul onderskeie gemeenskappe sal tree.

AlumniNuusbrief_April-02

Wees die verskil daar waar jy woon en werk. Ploeg terug, steek ʼn hand van bereidwilligheid op en raak besig met dinge wat ʼn ewigheidswaarde het – óf dit nou in jou gesin, gemeente, vriendekring of beroepsveld is. Tree na vore met kennis en bied aan ander ʼn belewenis van die goeie, die skone en die ware.

Akademia-groete

Mareli Swanepoel

Bestuurder: Institusionele projekte en ondernemings

AlumniNuusbrief_April-03

Dr. Jannet Davel, hoof: Personeel en Ontwikkeling, verduidelik dat internskappe ʼn waardevolle geleentheid vir afgestudeerde studente is. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-07

Chané Jonker, junior beampte: Sosiale media, deel praktiese wenke oor hoe om strategies om te gaan met persoonlike sosialemediaprofiele. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-06

Die tweepot-aftreestelsel tree op 1 September 2024 in werking. Thinus Nienaber, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe, verduidelik die stelsel met praktiese wenke vir jongmense. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_April-04
AlumniNuusbrief_Julie

Akademia, wat vanjaar sy twaalfde jaar as Afrikaanse studietuiste vier, het tydens die mees onlangse kwalifikasieplegtigheid 464 nuwe alumni verwelkom en só die noemenswaardige 2 000 ledetal verbygesteek. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-09

Die instelling se Wes-Kaap-droom neem vorm aan en die nuwe satellietkampus sal na alle waarskynlikheid in die Paarl-omgewing gesetel wees. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-10

Akademia het die nuus ontvang dat die Nagraadse Diploma in Belasting-program voortaan akkreditasie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting (SAIT) sal geniet. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-11

Stuur 2025 in die regte rigting met nóg ʼn kwalifikasie: Akademia-studieaansoeke word nou ingewag. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-22

ʼn Volle jaar het reeds verloop sedert Akademia die deure van sy eerste koffiewinkel, Sowel As, oopgeswaai het. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-12

Akademia se nuwe dames- en mansdaghuise, Huis Daglelie en Huis Karoo, het onlangs te midde van groot opgewondenheid hul nuwe handelsmerke bekendgestel. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-18
AlumniNuusbrief_Julie-14_171ec5c1
AlumniNuusbrief_Julie-15

Jean-mari Cornelius (48) is doof, maar het nie toegelaat dat dit haar studiedroom kelder nie. Haar deursettingsvermoë is tydens die onlangse kwalifikasieplegtigheid ryklik beloon toe sy haar BCom (Ekonomie en Regte)-kwalifikasie verwerf het. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-16

Vir Akademia-alumnus, Catherine-May Trollip (22) is koffie méér as net ʼn passie – dit is die grondslag waarop sy haar loopbaan in die sakewêreld bou. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-23

Aletha Marx (55) het met ʼn huppel in haar stap oor die verhoog gestap tydens vanjaar se kwalifikasieplegtigheid. As nauurse student het sy haar LLB-kwalifikasie in vier jaar voltooi terwyl sy voltyds gewerk het. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-17
AlumniNuusbrief_Julie-13
AlumniNuusbrief_Julie-24
AlumniNuusbrief_Julie-19
AlumniNuusbrief_Julie-20
AlumniNuusbrief_Julie-21
Akademia_Nuusbrief_Banier

Akademia-hoofkantoor, Von Willichlaan 284, Centurion // 0861 222 888

Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997, Registrasienommer: 2011/HE08/005; Direkteure: M.J. Visser (besturende direkteur),
dr. D.J. Hermann, H.J. Schalekamp, P.W.A. Steyn, prof. D.P. Goosen en P.J.W Buys

www.akademia.ac.za

Hierdie e-pos is slegs bedoel vir persone wat daarvoor ingeteken het.
Indien jy voel dat hierdie e-pos ongevraagd is, stel ons in kennis.

Om nie meer e-posse in hierdie verband te ontvang nie, klik hier.

Sent via

SendPulse