Akademia-alumnus: Julie 2023

Newsletter Archive

As die e-pos nie reg vertoon nie, klik hier vir 'n aanlyn weergawe.

AlumniNuusbrief_Julie-01_ffb22472

Beste Akademia-alumni

Hartlike groete vanuit Akademia se Registrateurskantoor. Kan julle glo dat ons al die jaar se halfpadmerk oorgesteek het? Ons instelling se jaarkalender is volgepak, maar ons staan dankbaar teenoor ons Skepper vir die groot genade en seën wat ons elke dag uit sy hand ontvang.

Psalm 16:5-6 herinner ons opnuut aan dié seëninge soos dit binne die mure van Akademia ontvou en daagliks sigbaar is: "Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ʼn Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi."

Hierdie vers beskryf die gees van ons onlangse kwalifikasieplegtigheid op ʼn pragtige wyse. Tydens die geleentheid, wat voorwaar ʼn hoogtepunt op ons jaarkalender is, kon ons eerstehands die vreugde, hoop en opgewondenheid in die harte van ons afgestudeerde studente waarneem, soos hulle die volgende fase van hul lewens betree, toegerus met kennis, vasberadenheid en ʼn diep sin van doelgerigtheid.

Binne die bladsye van die nuusbrief poog ons om elke alumnus op hoogte te hou van gebeure en nuwe verwikkelinge aan die instelling, asook dit waaraan Akademia tans bou. Elke insetsel verteenwoordig die vrug van die saad wat ons daagliks besig is om te saai vir die volgende geslag.

Ons hou julle graag op hoogte oor onlangse ontwikkelinge binne die instelling, insluitende opwindende inisiatiewe en belangrike mylpale wat deur ons huidige studente en personeel behaal is.

Liana_van_Rooy_4_1

Akademia se alumni-netwerk verteenwoordig ʼn gemeenskap wat verbondenheid, persoonlike groei, en lewenslange leer ondersteun. Ons hoop om elke alumnus deur die loop van die jaar weer te siene te kry by van ons spesiale gebeurlikhede.

Tot dan, groete!

Liana van Rooy

Registrateur

AlumniNuusbrief_Julie-02
AlumniNuusbrief_Julie-04

Paul Smit, by Akademia se studentesake-afdeling, vertel meer oor hoe om ʼn ware leier in die werksplek te wees en invloed uit te oefen. Lees meer hier

AlumniNuusbrief_Julie-11

Monique Brasler, deeltydse dosent in Finansiële Beplanning, deel wenke oor hoe jy jou van die skuldstrik kan bevry. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-12

Dr. Jannet Davel, hoof: Personeel en Ontwikkeling, deel ʼn paar gedagtes rondom ʼn goeie CV. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-13

Mareli Swanepoel, bestuurder: Projekte, vertel meer oor hoe jy vinniger en slimmer kan werk danksy KI-tegnologie. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-05
skryfnet
AlumniNuusbrief_Julie-06
AlumniNuusbrief_Julie-07
AlumniNuusbrief_Julie-08
AlumniNuusbrief_Julie-09
AlumniNuusbrief_Julie-13_0b98fe84

Akademia-alumnus, Danielle Hayward, maak ʼn daadwerklike bydrae tot die bevordering van vroueregte. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-14

Akademia-alumnus, Karel Engelbrecht, jaag sy nuutgevonde passie vir navorsing na. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-15

Op 65 jaar is Eurita van der Merwe nie net vanjaar die instelling se oudste graduandus nie, maar ook ʼn sprekende voorbeeld van iemand wat die etos van lewenslange leer nastreef. Lees meer hier.

AlumniNuusbrief_Julie-03
AlumniNuusbrief_Julie-16
AlumniNuusbrief_Julie-17
AlumniNuusbrief_Julie-18
AlumniNuusbrief_Julie-19
image003
AlumniNuusbrief_Julie-20

Akademia-hoofkantoor, Von Willichlaan 284, Centurion // 0861 222 888

Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997, Registrasienommer: 2011/HE08/005; Direkteure: M.J. Visser (besturende direkteur),
dr. D.J. Hermann, H.J. Schalekamp, P.W.A. Steyn, prof. D.P. Goosen en P.J.W Buys

www.akademia.ac.za

Hierdie e-pos is slegs bedoel vir persone wat daarvoor ingeteken het.
Indien jy voel dat hierdie e-pos ongevraagd is, stel ons in kennis.

Om nie meer e-posse in hierdie verband te ontvang nie, klik hier.

Sent via

SendPulse