Beste Akademia-alumni Dit is nog nie te laat om julle voorspoed toe te wens vir 2023 met die eerste alumni-nuusbrief van die jaar nie. Vanjaar is ’n jaar wat vir julle talle nuwe geleenthede inhou! Alumni verwys na oudstudente van ’n kollege of universiteit. Het julle geweet alumni se letterlike betekenis beteken om iets te voed, te koester? Ons alumni lê ons so na aan die hart, dat ons die woord alumni in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gekoop het. Net soos julle Akademia gevoed en gekoester het in julle studentejare, wil ons julle graag na afloop van julle studies steeds koester en opvoed. Daarom is Akademia opgewonde om hierdie jaar ’n loopbaansentrum op die been te bring waar studente, alumni en die industrie bymekaar kan kom vir netwerk en werksgeleenthede. Akademia se sentrums is ook nou ingerig dat studente beter kan klasdraf by saamwerkruimtes deur deel te vorm van die groter Akademia-gemeenskap. Studente kan hier ook ander studente ontmoet wat ander programme by Akademia studeer. Ons nooi ons alumni uit om die toekomstige netwerkgeleenthede by ons sentrums by te woon en dalk word julle studietuiste binnekort ook julle saamwerktuiste. Hou julle e-pos dop vir meer inligting. |