Akademia-alumnus: Oktober 2025

Newsletter Archive

As die e-pos nie reg vertoon nie, klik hier vir 'n aanlyn weergawe.

Alumni-nuusbrief_Oktober 2025-uitgawe
Alumni-nuusbrief_Oktober 2025-uitgawe

Beste Alumni

Dit is Oktober, en om Leipoldt se woorde te eggo: “… die mooiste, mooiste maand!” Sedert ons laaste nuusbrief het Moeder Natuur haar grou wintersbaadjie verruil vir ʼn helderkleurige blommekleed en wink nóg ʼn kenmerkende Afrika-somer vir elkeen van ons.

Groei, soos wat oral rondom ons te bespeur is, is ook kenmerkend van Akademia se alumni-gemeenskap. Dié groei spreek tot die alumni-komitee se kernstrewe om elke alumnus te begeester om trots sy/haar Fontieteit (identiteit as Akademia-student) uit te leef. En meer nog: om sy/haar plek roepingsgedrewe in te neem binne die intergenerasionele verbondsverhouding waarbinne Akademia as ʼn klassieke gemeenskapsinstelling voortbestaan.

Die onlangse onthulling van die Akademia-syserp, ʼn trotse samewerkingsinisiatief tussen die komitee en die instelling, vergestalt dié verbondsverhouding op ʼn stylvolle en tasbare wyse. Nie nét vertel hierdie handelsmerkproduk die storie van die vestiging en uitbouing van ons geliefde alma mater nie, dit bied ook aan alumni die geleentheid om ʼn bydra te lewer tot die 2028- wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria. ʼn Gedeelte van die serp se aankoopprys sal aan die instelling se skenkingsfonds geskenk word. Hou gerus Akademia se sosialemediaplatforms dop vir meer inligting oor die serp wat binnekort op Die Winkel se aanlyn platform of die inloopwinkel op die Leriba-kampus beskikbaar sal wees.

Die ontwikkeling van diesulke produkte maak deel uit van die komitee se droom, om vir alumni unieke en betekenisvolle maniere te skep om hul verbondenheid en gepaardgaande tuiskoms aan Akademia te vier. Hierdie gebeurlikhede en handelsmerkprodukte verteenwoordig ervarings en kleinode wat nie net bloot aangekoop en meegemaak kan word nie. Nee. Dit spreek tot ʼn grootse voorreg waarvoor elke alumnus hard gewerk het en deur passie, deursettingsvermoë en persoonlike opofferings verwerf het. In die voltooiing van jou studie gee jy baie van jouself vir Akademia, maar die opbrengs van hierdie belegging is nóg groter. Jy word deel van ʼn dinamiese netwerk, ʼn lewenslange gebondenheid en kom tuis in ʼn geborge gemeenskap van eensgesindheid wat hoopvol na ʼn vrye toekoms streef.

Alumni-nuusbrief_Oktober-02
Alumni-nuusbrief_Oktober-02

Ter afsluiting. Die tyd raak min om die Akademia-alumni: betrokkenheids- en kommunikasiepeiling te voltooi. Die doel van hierdie peiling is om waardevolle insigte van ons gewaardeerde alumni te verkry en só nie net die instelling se verbondenheidsverhouding met sy afgestudeerde studente te versterk nie, maar ook meer van dié gemeenskap se voorkeure te leer. En wie weet? Dalk is jy die gelukkige wenner van ʼn skootrekenaarsloop. Die wenner sal in die eerste week van November via die instelling se sosialemediaplatforms aangekondig word.

Geniet hierdie nuusbrief en koester jou tuiskoms aan jou alma mater.

Akademia-groete

Monica Mynhardt

Voorsitter: Akademia-alumnikomitee

 

AlumniNuusbrief_April-04
AlumniNuusbrief_April-04
Landbouskenkingsfonds
Landbouskenkingsfonds

As ʼn afgestudeerde student van Akademia is jy ʼn medeskrywer van jou alma mater se groeiverhaal. Met die bekendmaking van die Landbouskenkingsfonds word jy hartlik uitgenooi om saam te saai in die toekoms van ʼn nuwe generasie landboukundiges – Fonties wat met kennis en roeping hul plek in dié kernsektor sal volstaan. hier.Lees meer hier oor hoe jy betrokke kan raak.

Alumni-komitee
Alumni-komitee

ʼn Jaar het verloop sedert vier oud-Fonties, Monica Mynhardt, Marzelle Vonk, Megan Galvin en Lindy du Preez, tot die instelling se eerste alumni-komitee verkies is. Lees meer hier oor dié komitee se eerste diensjaar.

Erfenismaand
Erfenismaand

Erfenismaand mag dalk iets van die verlede wees, maar die lewende erfenis wat Akademia binne hoër onderwys verteenwoordig ontsluit ewigheidswaarde. Dié erfenisroeping bevestig opnuut die instelling se strewe om tesame met die groter Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe, ʼn hoopvolle en vrye toekoms te bou. Lees meer hier.

Lindy du Preez
Lindy du Preez

Akademia het in Augustusmaand sy nuwe groep studenteleiers vir die 2025/2026-ampstermyn ingehuldig. Lindy du Preez, alumnus en voormalige voorsitter van die studenteraad (SR) vir die 2020/2021-termyn kyk terug op Fontie-wees en deel waardevolle advies vir huidige studenteleiers. Lees meer hier.

Die Paarl
Die Paarl
AlumniNuusbrief_April-03
AlumniNuusbrief_April-03
Lianda Coetzer
Lianda Coetzer

In die besige en snelveranderende aanlyn wêreld word die wanopvatting gehuldig dat goeie maniere oorbodig is. Lianda Coetzer, Akademia se bibliotekaris, verduidelik dat goeie maniere, nes professionaliteit en kundigheid, altyd in aanvraag sal wees. Lees meer hier.

Dr. Rachel Maritz
Dr. Rachel Maritz

Dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, meen Akademia-alumni vergestalt die eienskappe wat leiers van die toekoms definieer. Lees meer hier.

Zander Botha
Zander Botha

Zander Botha, bestuurder: Akademia-skenkingsfonds, verduidelik dat alhoewel die afsterwe van ʼn geliefde ʼn groot emosionele verlies verteenwoordig, deeglike beplanning ewigheidswaarde aan ʼn nalatenskap kan verleen. Lees meer hier.

Dagboek die datums
Dagboek die datums
Alumni-ontbyt
Alumni-ontbyt
Alumnus, sê jou sê!
Alumnus, sê jou sê!
AlumniNuusbrief_Julie_2025-09
AlumniNuusbrief_Julie_2025-09
Chantelle Pieterse
Chantelle Pieterse

Akademia-alumnus, Chantelle Pieterse, en haar besigheidsvennoot, Iewan Struwig, het skoonskip gemaak in die kategorie vir nuwe ondernemings tydens die Akademia-sakeplankompetisie. Laasgenoemde is ʼn opwindende inisiatief vanuit die BCom (Ondernemingsbestuur)-program. Lees meer hier.

Arno Kruger
Arno Kruger

Arno Kruger is ʼn trotse Akademia-alumnus en voorloper van sy alma mater se Fakulteit Regsgeleerdheid. Hy is onlangs tot die Prokureursorde toegelaat en is passievol oor lewenslange leer. Lees meer hier.

Juan Theron
Juan Theron

Juan Theron is ʼn Akademia-alumnus wat sy roeping as onderwyser uitleef. Hy is ook ʼn geregistreerde en praktiserende biokinetikus wat danksy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)-program nou ewe tuis in die klaskamer as op die sportveld is. Lees meer hier.

Akademia et al.-kortkursusse
Akademia et al.-kortkursusse
Waar in die wêreld?
Waar in die wêreld?
Akademia-syserp
Akademia-syserp
Die WhatsApp-gemeenskap
Die WhatsApp-gemeenskap
Solidariteit
Solidariteit

Akademia-hoofkantoor, Von Willichlaan 284, Centurion // 0861 222 888

Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997, Registrasienommer: 2011/HE08/005; Direkteure: M.J. Visser (besturende direkteur),
dr. D.J. Hermann, H.J. Schalekamp, P.W.A. Steyn, prof. D.P. Goosen, P.J.W Buys en J.D. Symington.

www.akademia.ac.za

AlumniNuusbrief_Julie_2025-31
AlumniNuusbrief_Julie_2025-31

Hierdie e-pos is slegs bedoel vir persone wat daarvoor ingeteken het.
Indien jy voel dat hierdie e-pos ongevraagd is, stel ons in kennis.

Om nie meer e-posse in hierdie verband te ontvang nie, klik hier.

Sent via

SendPulse