Beste Alumni Dié jaar het weliswaar die halfpadmerk op die kalender verbygesteek! Gedagtig aan die wyse waarop ʼn langafstandsatleet sy/haar marathon aanpak, is nou dan óók die aangewese tyd om ná te dink oor die afstand wat reeds afgelê is, en dit wat voorlê onderweg na die wenstreep. Die jaar 2025 verteenwoordig ʼn gróót jaar vir die instelling en daarmee saam óók vir elke lid van die uitgebreide alumni-gemeenskap. En watter afstand het ons alma mater nie al vanjaar afgelê nie? Hoogtepunte sluit onder meer in die voorwaardelike goedkeuring van die Paarl-kampusfasiliteit in die Wes-Kaap, die toevoeging van verskeie nuwe akademiese programme, die grootste kwalifikasieplegtigheid nóg en goeie vordering met die ontwikkeling van die wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria. Oor die pad vorentoe wil ek jou die versekering gee dat jou vormingsidentiteit as ʼn Akademia-alumnus, in ʼn wêreld waar daar oënskynlik ʼn gees van ongekende onverbondenheid heers, jou toelaat om werklik tuis te wees in jou taal, jou roeping, jou waardes en méér nóg: ʼn hoopvolle toekoms. Lees meer hier oor die waarde van verbondenheid en begrensing. Onthou om die Akademia-alumni: betrokkenheids- en kommunikasiepeiling te voltooi. |